Hoe dankbaar is ons werklik vir dit wat ons het in christus? Sien ons God slegs as ons helper of eer ons Hom soos ons moet? Weet ons as christenne hoe belangrik die verkondiging van die woord werklik is en doen ons die beste in ons vermoëns waarmee God ons geseën het om die woord te verkondig?

Monday, October 29, 2007

Nederig en in diens van Jesus:

Ons is almal boeties en susies in Jesus, jou boetie en sussie het jou nodig
(Luk 14:8 – 11)


3 En Jesus het gespreek en aan die wetgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?
4 Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.
5 En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van julle se esel of os sal in 'n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?
6 En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.

Kies vir jou een van die twee vrae:
1. Het ek iets om te verloor? of
2. Het ek iets om te wen? (Luk 14:8 – 11)


8 Wanneer jy deur iemand na 'n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,
9 en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.
10 Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.
11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.

Goedheid verskaf meer geluk as enige iets anders: (Luk 14:12 – 14)

12 En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy 'n môre--of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.
13 Maar wanneer jy 'n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
14 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

Hoe erenstig is ons besig met ons plig as christen? (Luk 14:27 – 35)

27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
28 Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? --
29 sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot
30 en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.
31 Of watter koning wat optrek om teen 'n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?
32 Anders stuur hy 'n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.
33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
34 Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?